...

 

Welkom by die Noord Sekuriteit Ekspo Webtuiste.

Ons 2018 Ekspo was 'n groot sukses, baie dankie aan almal wat dit moontlik gemaak het!

Ons sal binnekort ons 2019 datums bekendstel..

Ons gemeenskap word geteister deur n vlaag van geweld. Wat doen ek? is op almal se lippe. Die Hervormde gemeente, Potchefstroom-Noord, poog om met die Veiligheid beraad- en Sekuriteit Ekspo die vraag te beantwoord. In samewerking met StratTech, n sekuriteit-tegnologiese maatskappy, wil ons jou in staat stel om jou, jou familie, jou eiendom en besigheid te beveilig. In die onderhandelings met StratTech het ons besef dat ons ook moontlikhede vir die landelike eienaar en skole kan bied.

Ons praat van bekostigbare opsies soos:

Sintetiese DNA merking.
Slotte met noodseine.
Gevorderde kluis beskerming.
Kring beeld kameras.
 
Ons het ook omvattende opsies soos:
Heinings wat voetstappe identifiseer.
Lang afstand hitte kameras.
Herkenning van onwettige selfone.
 

n Verskeidenheid van sekuriteit stalletjies gaan ook hul produkte ten toon stel. Overvaal Stereo is teenwoordig en gaan lewendig uitsaai tydens die ekspo en met van die stalletjie eienaars praat asook van die gassprekers. Daar is vermaak vir die kinders beskikbaar en genoeg eet en drink goed te koop. Hierdie is n geleentheid vir jou GEMOEDSRUS!

  "Like" en "Share" ons FaceBook blad ook!